Ek het 'n paar benoude oomblikke op Nice lughawe gehad. Daar was 'n dramatiese ontruiming en almal het in alle rigtings begin hardloop. Ek weet nou nog nie wat die krisis was nie, maar ek het darem my vlug op tyd gehaal.
Ek glo dit moet baie help as mens die land se taal kan praat, ek het ook al baie verleenthede beleef omdat ek regtig nie verstaan wat hulle vir my se nie. Dit laat mens nogal totaal dom voel. So het ek bv 'n 'time-table' ipv kaartjie vir kondukteur op die trein gegee. Ek ken net 'n paar franse sinne, en een van hulle is, dat ek nie frans verstaan nie. Ek ken darem sleutelwoorde soos: stasie, trein ens.
Sjoe, Vevey is pragtig! Die hostel is reg langs die Geneva-meer met 'n uitsig wat skrik vir niks. Die eerste aand deel ek die kamer met 3 sjinese meisies. Dink net hoe klink dit as hulle lekker aan die gesels is.
Die volgende oggens is ek met 'n boot na die Chateau de Chillon (kasteel) toe. Ek besluit toe om terug te stap. Daar is 'n paadjie wat heeltyd langs die meer kronkel. Die plek is baie skoon en die tuine is presies. Dit was so 'n 9km stappie. Groot gedeelte is in die koelte en orals is daar bankies om te sit. My 'lunch' vandag is 'n blok switserse sjokkies en 'n beker water. Baie basies maar lekker. Dit het my die heel dag gevat om terug te loop, want langs die pad is daar oa.'n volley-ball kampioenskap en straatmarkte en dan natuurlik baie mense om dop te hou.
'n Mens is heeltyd bewus van die skepping want waar jy kyk is dit mooi. Ek het heerlik gebly in Vevey, alhoewel ek baie min het. geselskap gehad het.

No comments:
Post a Comment