Dit is weer 'n lang pad na Genova, weereens 4 treine wat ek moet vat. My eerste trein is 9:30, maar so 10min voor ek vertrek kondig hulle (in Italiaans) aan dat die trein 50 minute laat gaan wees! Dit lol, want al my treine daarna loop op tyd. Rozanne kom tot my redding en ons jaag Udine toe om kaartjies te verander.
Ek het taamlik maklik verdwaal tot by my hotel in Genova. Dit is 'n interessante hawestad met baie palmbome en 'n koloniale gevoel. Baie verskillende nationaliteite.
Volgende oggend is dit Portofino toe. Een van my eerste skilderye was van Portofino, en ek kan nie wag om die plekkie te sien nie. Ek mis egter my eerste trein en wag 'n uur vir die volgende trein. By Santa Marghareta Lingua moet ek afklim en dan met die bus Portofino toe. Santa Marghareta is so 'n mooi skoon stad. Byna al die geboue het verftegnieke op. Baie kleurvol.
Die busrit Portofino toe is taamlik stressvol , want dit is 'n baie nou paadjie aan die kant van die berg, en met plekke so smal dat die busdrywer moet toeter blaas om karre van voor af te waarsku. Die bus laai ons op 'n sentrale punt af, want geen voertuie word in die plekkie toegelaat nie.
Portofino is 'wow'. Ek gryp dadelik my kamera en neem tot vervelens fotos van die skilderagtige hawe'tjie. Later is ek op met die berg om nog fotos van dieselfde hawe'tjie te neem. Kos en koffie is egter onbetaalbaar duur, ek het 2 piesangs en 'n kopseerpil vir middagete gehad. Die kopseer is agv uiters lae kaffeien-vlakke.
Terug in Genova het ek dadelik koffie en broodjie gekoop en toe vir 3ure duskant bewusteloos op die bed neergeval.
More oggend vat ek die pad Nice toe.

No comments:
Post a Comment