My tog Santorini toe was nie sonder probleme nie. Daar is blykbaar 'n spul agentskappe wat die ferries boek, en as jy deur internet geboek het, is dit bitter moeilik jou kantoortjie op te spoor vir die kaartjies. Ek vertrou nie meer 'n Griek wat vir my se dit is 'just round the corner' nie. Dit is nie. Veral met al my besittinkies op my rug is dit nie maklik om so rondgestuur te word nie. Daarna moes ek (letterlik) rondom die hawe loop om te Ferrie te kry. Die ferrie is nogal luuks binne, die rit het so 7 ure geduur, en ek het heerlik gesels met 'n bulgaarse vrou.'
Ek het so 10uur die aand in Santorini aangekom, en die eienaar van die hotel het my ingewag met 'n enjintjie. Ek het eers die volgende geskrik toe ek die pad sien wat ons gery het. Dit is ontsettend styl met kort haarnaalddraaitjies. Boonop ry die klomp mos aan die verkeerde kant van die pad!
By die hotel aangekom, wag "Poppy" ons in. Sy is die nekkie van die plekkie. Vir ontbyt bied Poppy my 'n omelet aan. Net nadat ek ingestem het daarvoor, se sy nee, gebakte eiers is lekkerder, ek se dis reg. Op die ou end kry ek Scramble Eggs. Ek vermoed Poppy is nie so goed met die omelet-ding nie.
Daarna is ek op 'n dagtoer. Eers by 'n klooster gestop, toe by 'n tradisionele village (waar ek Suid-Afrikaners raakgeloop het), daarna is ons weer af boot toe. 'n Vulkaniese eiland besoek en toe by 'n ander eiland gaan eet. Heel laaste is ons na Oia toe, waar ons 'n ongelooflike sonsondergang beleef het. Ek het vriende gemaak met 'n Australianer en 'n Phillipyn. Ons het heeldag grappies gemaak en fotos van mekaar geneem, maar aan die einde van die dag was die vriendskap net 'a moment in time'. Elkeen gaan dan weer sy eie rigting en ons sal mekaar nooit weer sien nie. Nietemin lekker, daar is nie spanning van eerste indrukke nie.
Vanaand is ek terug in Athens, waar ek more-oggend die vliegtuig kry Rome toe. Ek hoop ek vind my slaapplekkie vir more-aand maklik.
No comments:
Post a Comment