Ek is vanoggend so 5:15 by die huis uit, Antie is toe wakker en sy wil brekvis, ma hierie ennie stop nie vandag nie. My goedjies is gepak, en het aan alles gedink, vitaminepille vir in case ek nie kos kan koop nie...opwen flitslig...dehidrasiepille...superglue vir in geval een van my valstanne afbreek... Die sekuriteit was erg streng op Manchester lughawe, maar ek was baie verlig dat altwee vliegtuie op tyd was.
Op Brussels lughawe het ek vir my 'n droe bun gekoop en ongeveer R13 daarvoor betaal! Duurste broodjie ooit. Ek het ook die interessante ondervinding gehad om Pringles te eet terwyl ons oor die Switzerse alpe vlieg. Het nog sneeu op gehad.Ek het vandag deur 2 tydsone gevlieg.In Engeland was ek 'n uur agter, in Brussels was ek op tyd, in Athene is ek nou weer 'n uur voor pe-we.
Die treine was taamlik verwarrend in Athene, maar ek het gou pelle gemaak met mense wat na dieselfde stasie as ek gaan. Amper oorlas van myself gemaak. Die backpackers is nogal skoon en netjies-erig, en hulle het gratis WiFi. Ons slaap 4 mense in 'n 'dorm', en wie is toe die eerste kamermaatjie wat instap - 'n Suid-Afrikaner. Ons het mekaar amper omhels. Boonop kom ons albei van Kaapstad-omgewing.Hy het sommer dadelik op my bed kom sit en kopstukke gesels. Ek kan nog steeds net nie sy naam onthou nie, maar ons praat dieselfde taal.
Dit is nou net na 12 hier, so ek gaan maar bietjie slapies...

No comments:
Post a Comment